Connect with us

Jobs

Ayanda Mbanga Communications Recruitment 2023/2024

Applications are invited from interested and suitably qualified candidates for Ayanda Mbanga Communications Recruitment 2023/2024.

--Advertisements--

Ayanda Mbanga Communications is a reputable firm in South Africa.

We are recruiting to fill the following position below:

--Advertisements--

Job Title: Bestuurder

Introduction

Bestuurder
Huis Luckhoff, Rosebank (Kaapstad)

Huis Luckhoff is ’n program van Badisa, ’n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk [Wes-Kaapland] en VGKSA [Kaapland]. Aansoeke van gemotiveerde persone met bewese bestuursagterond met ’n positiewe lewensingesteldheid teenoor bejaardes, word vir hierdie betrekking ingewag.

Die aangewese kandidaat sal regstreeks aan die Beheerraad rapporteer, met die opdrag om die strategiese visie te operasionaliseer deur doelgerigte bestuurstake en die optimale benutting van hulpbronne en dienste. Voorsiening te maak vir die versorging van ouer persone, in ’n veilige en vriendelike omgewing sowel as die ontwikkeling van gemeenskapsgebaseerde dienste vir ouer persone.

Die bestuurder is verantwoordelik vir die algehele bestuur en gehalteversekering van die tehuis, wat insluit:

  • Toesig oor die verpleegsorgdienste, finansies en menslike hulpbronne bestuur funksies, in samewerking met die multi-dissiplinêre span
  • Bemarking, kommunikasie en fondswerwing, om te verseker dat die tehuis volhoubare, relevante dienste kan bied
  • Batebestuur en instandhouding van beroepsgesondheid en veiligheid program
  • Skakeling en netwerk met belanghebbendes en die bou van langtermyn verhoudings met strategiese vennote.

Die ideale kandidaat beskik oor ’n naskoolse kwalifikasie, die vermoë om ’n span te lei en te motiveer, asook om probleemareas vroegtydig te identifiseer en op te los.

--Advertisements--

Kennis en ervaring van personeel- en finansiële bestuur, arbeidswetgewing, fondswerwing en bemarking asook rekenaarvaardigheid is verdere vereistes. Vorige bestuurservaring en begrip vir die unieke uitdagings en operasionele dinamika van maatskaplike sorg en ontwikkelingswerk sal as ’n sterk aanbeveling dien.

READ ALSO  CHEP South Africa Recruitment 2023/2024

Vergoeding behels ’n onderhandelbare salaris asook mediese- en pensioenfondsvoordele.

Rig ’n volledige CV, en dui aan vir watter pos u aansoek doen, voor 08 September 2023 per epos aan: [email protected]

--Advertisements--

How to Apply

Please apply online at www.capetown.gov.za/careers (external applicants) or via the SAP Portal (internal applicants) unless otherwise stated.